Moenie Stres Nie! EBOOK

Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners
Author: Alan Knott-Craig JNR
ISBN: 9781920434885
Publication date: 1 May 2014
Recommended retail price: R90.00

Description

Onthou jy toe Suid-Afrika in 2008 beurtkrag gehad het? Onthou jy die stormloop vir opwekkers en eiendom in Perth? ʼn E-pos vanaf Alan Knott-Craig wat Suid-Afrikaners herinner aan die positiewe dinge verbonde aan ʼn lewe in Suid-Afrika het soos blits versprei en reaksies van duisende Suid-Afrikaners ontlok. So het Don’t Panic! tot bestaan gekom – ‘n boek wat ‘n oomblik in SA geskiedenis vasgelê het.

Beweeg aan na 2014 en ons het beurtkrag (grotendeels) vergeet, ons was die gasheer vir die wêreldbeker-sokkertoernooi, ons het die globale resessie oorleef, maar nou tree die paniekgevoel weer in. Die Rand val, politiek domineer die nuus, daar is oral betogings oor dienslewering – moet ons nou stres?

Lees die advies van Alan Knott-Craig, Willem Breytenbach, Max du Preez, Anet Vosloo, Brand Pretorius en menigte ander (welbekende mense, gewone Suid-Afrikaners en internasionale burgers wat tot Suid-Afrika aangetrokke is) wat vir ons sê: Moenie stres nie!

You may also like…