Begin jou eie besigheid

  • Author: Kurt Illetschko , Eric Parker , Bob Power
  • ISBN: 9781920434182
  • Publication date: 1 April 2011
  • Recommended retail price: R60.00
  • Softcover, B format (198x129mm), 192 pages

In tye van onsekerheid en verandering, is die veiligste plek vir jou toekoms as dit in jou eie hande lê. Baie Suid-Afrikaners wil graag entrepreneurs word, maar hulle is nie altyd seker waar om te begin nie. 

Entrepreneurskap hou baie geleenthede in, maar daar is ook slaggate wat jy moet vermy om seker te maak jy kry die beste uit jou nuwe besigheid. 

Begin jou eie besigheid het ten doel om vir jou, die kleinsake-eienaar, die essensiële raad te gee wat jy nodig het om in jou entrepreneursonderneming te slaag sonder om van duur konsultante gebruik te maak. Die boek is kort en ter sake, en voorsien praktiese inligting oor hoe om jou besigheid doeltreffend te bedryf. 

Begin jou eie besigheid kyk na die drie algemeenste maniere om ʼn nuwe onderneming te begin:

  • Maak ʼn begin in besigheid – die grondbeginsels om ʼn nuwe besigheid met niks te begin.
  • Word ʼn franchise-houer – die fyn puntjies daarvan om in ʼn franchise-besigheid te belê.
  • Hoe om ʼn klein besigheid te koop – waarna om op die uitkyk te wees wanneer jy ʼn bestaande besigheid koop.

More about the Authors

Buy Off the Web

Find me on Exclusive Books Find me on Loot Find me on Takealot

Download from the Web

Buy Our Books