150 Jaar van Suid-Afrikaanse Rugby

  • Author: Wim van der Berg
  • ISBN: 978-0-624-05334-7
  • Publication date: 1 August 2011
  • Recommended retail price: R337.50
  • 240 pages, hardcover, 246 x 198 mm, Co-published with Tafelberg

 In die jaar 2011 bereik rugby in Suid-Afrika ’n belangrike mylpaal – dit is 150 jaar sedert die eerste rugbywedstryd in 1861 op eie bodem hier in Suid-Afrika gespeel is.

 Wim van der Berg speur die ontwikkeling van die spel na – vanaf die vroegste begin by Bishops in Kaapstad, tot waar dit vandag die status van ’n nasionale obsessie het. Deur die geskiedenis van rugby ontmoet ons die spelers, die spanne en die manne aan die stuur van sake, en ons deel in die lief en leed van die spel. Daar is die euforie van die Wêreldbekeroorwinning op Ellispark in 1995, die donker dae van sport-isolasie, die chaos rondom verdeelde rugbyadministrasie tydens apartheid, en die toewyding van spelers wat in 1884 vyf dae per muilwa en trein van Kimberley na Kaapstad gereis het om ’n rugbywedstryd te speel.

 Deur die jare verander die spelers, die reëls en die puntewaardes, maar die rugbygees bly voortbestaan – die inspirasie vir spelers en toeskouers van geslag tot geslag.

 Van der Berg beskryf die verandering in provinsiale rugby, die transformasie van die amateursport na die professionele era, die groei in die vernaamste kompetisies wat die TV-kykers so geesdriftig dophou, maar hy verloor nooit kontak met die mense agter die spel nie – die spelers, afrigters, administrateurs en ondersteuners.

 Ingesluit is uitgebreide statistiek oor die Curriebeker- en internasionale wedstryde deur die 150 jaar van Suid-Afrika se rugbygeskiedenis – wie gespeel het, wie punte aangeteken het, finale tellings en vele ander interessanthede.

More about the Author

Buy Off the Web

Find me on Takealot Find me on Exclusive Books Find me on Loot

Find Author on the Web

Buy Our Books